WAAR IS JY

Jou naam ken ek nie, maar ek weet van jou.
Hoe en waar.
'n Hunkering wat ek nie kan verklaar.
Stap in by die deur van my lewe.
Sodat jy kan word wat ek en jy graag wil wees.
Ek sal my menswees uit liefde aan jou gee.
Dan begin ons by die heel begin.
Jou begin, my begin, ons begin.
Sinvol - sal ons saam- een wees.

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved